Poort van Hemelse Vrede

Tiananmen stuur hierheen aan. Vir die plein, sien Tiananmen-plein.
Tiananmen
Die Poort van Hemelse Vrede.
Die Poort van Hemelse Vrede.
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   天安門
Vereenvoudigde Chinees   天安门
Pinyin Tiānānmén
Die Poort van Hemelse Vrede in die nag.

Die Poort van Hemelse Vrede, of Tiananmen (letterlik "Tianan-poort"), is ’n monument in Beijing, die hoofstad van die Volksrepubliek China. Dit word algemeen as ’n nasionale simbool beskou. Dit is in 1420 tydens die Ming-dinastie gebou en word soms verkeerdelik die vooringang tot die Verbode Stad genoem. Laasgenoemde is egter die Middagpoort, terwyl Tiananmen die ingang tot die Keiserlike Stad was, waarbinne die Verbode Stad geleë was. Die Poort van Hemelse Vrede is noord van Tiananmen-plein geleë.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search